Vrou se stryd om ma te word

Argieffoto

Argieffoto

‘n Vrou in Kaapstad daag bestaande wetgewing rondom surrogaatskap wat vereis dat daar ‘n genetiese skakel met een van die ouers moet wees, het die Sunday Times berig.

“Dit is my standpunt dat die genetiese skakel inbreuk maak op die grondwetlike regte van die voornemende opdraggewende ouers en enkellopende mense wat onvrugbaar is,” het die 55-jarige vrou in ‘n 50-bladsy verklaring, wat by die Pretoriase hooggeregshof ingedien is, gesê.

Die vrou het sedert 2001 twee miskrame gehad te midde van 18 onsuksesvolle in vitro fertilisasieprosedures(IVF). Aanvanklik het sy haar eiers en haar man se sperm in dié pogings gebruik. Die egpaar het egter intussen geskei en haar eiers is onlewensvatbaar verklaar. Die vrou het ‘n surrogaat opgespoor wat bereid is om deur ‘n skenker se sperm en skenkereier bevrug te word, maar die wet het intussen verander wat vereis dat óf die sperm óf die eier van een van die opdraggewende ouers gebruik moet word.

Die departement van maatskaplike ontwikkeling het aangedui dat hy die vrou se aansoek sal teenstaan.

Die vrou het ‘n regsbevel bekom om haar anonimiteit te waarborg.

-SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Trippie ·

Ek het simpatie met die vrou, maar jinne, op 55 moeder word ? Die kind sal ‘n onreg aangedoen word.

Seg Net ·

Stem saam Trip, maar die moeder instink is seker sterker as die nugter denke.

Elene ·

Regtig? Ek meen regtig? Ek verstaan die moeder instink beter as wat mense dink, maar hoe kan ‘n mens 18 IVF sessies en dan nog ‘n surrogaat, nie eers om te praat van die regskostes nie, regverdig hiervoor? Het sy nog nooit gedink daaraan om ‘n kind aan te neem nie? Helfte van daardie geld sou al ‘n hele paar kinders se lewens kon makliker maak, sy kon al een of twee aangeneem het en groot gemaak het in die tyd en met die geld wat sy hierop spandeer het. Met oor die miljoen kinders wat ‘n huis soek kan ek nie sien hoe mens dit met ‘n skoon gemoed kan doen nie. En moenie se, ja maar dis nie dieselfde as om jou eie kind te he nie, want met ‘n surrogaat geskenkde eier en sperm is dit so min haar kind as wat ‘n aangenome kind sou gewees het. Die wereld is al klaar so vol en daar is reeds soveel kinders wat nooit die liefde en warmte van ‘n huis sal ervaar nie, dis jammer dat mense dink dis belangriker om geld hierop te spandeer as op hulle!

JAVR ·

Dis wat mens selfsug noem! Skaars is die kind gebore en sy is op pensioen en nie lus vir ‘n jongeling wat soos enige ander kleuter ronodhardloop nie. A nee a tannie mens is nie so selfsugtig nie! Jy gaan die arme kind ‘n groot onreg aandoen. Miskien het al die probeer haar koppie aan die raas gemaak? Sy sal nie eens ‘n kind kan aanneem op hierdie ouderdom nie! Kry ‘n hond, hulle leef so om en by 18-20 jaar so dit behoort te help. Of ‘n hamster – lewensjare – 2 jaar maksimum.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.