Vrou se troeteldier-aap uitgesit

Argieffoto: zooborn.com

Annie Paulsen, ʼn vrou van die Wes-Kaap, is erg ontsteld nadat ʼn aap, wat sy as ʼn troeteldier aangehou het, uitgesit is in plaas daarvan om na ʼn rehabilitasiesentrum gestuur te word.

Die Cape Times het Donderdag berig Paulsen het die aap by studente gekry, wat dit as ʼn weesbaba naby Bonnievale gevind het.

Sy het die aap vir ʼn ruk lank aangehou, waarna sy gereël het dat die aap na die Riverside-rehabilitasiesentrum in Limpopo gestuur word. Sy het die aap na die DBV geneem om te reël dat die dier oorgeplaas word. Toe sy egter later die DBV skakel om te hoor hoe dit met die oorplasing gegaan het, moes sy tot haar ontsteltenis hoor dat die dier van kant gemaak is.

Brett Glasby, van die Kaap van Goeie Hoop se DBV, het aan die Cape Times gesê die aap, wat ʼn doek gedra en fopspeen gesuig het, was “te gewoond” aan mense.

CapeNature, die provinsiale omgewingsbestuurliggaam, het glo opdrag gegee dat die aap nie uit die provinsie mag uitbeweeg nie, en het glo aangedring daarop dat die dier uitgesit moet word.

“Dit was duidelik dat die aap te veel menslike kwaliteite aangeleer het, en dat dit onmoontlik sou wees om dit in ʼn gesonde natuurlike omgewing los te laat,” het Liesl Brink, CapeNature se woordvoerder, aan die koerant gesê.

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Flash ·

Die ape word maklik ‘n plaag! Soos katte. Hulle kan oral inklim en oral bykom. Dan is hulle nog slim ook. Ek stem saam met DBV dat so aap beter daaraan toe is as hy uitgesit word.

Christo ·

Flash – Aangesien daar wel reëlings getref is om hierdie aap(?) na ‘n rehabilitasiesentrum te stuur, was daar geen rede om hom uit te sit nie. Die “gewoond aan mense” is net ‘n ongevoelige, flou verskoning van amptenare, DBV ingesluit, wat te lui was om ‘n bietjie moeite te doen.

Johanna ·

Op die foto lyk dit soos ‘n bobbejaan, nie ‘n aap. Wat sou dit dan nou wees? Daar is nogal groot verskille tussen ‘n aap en bobbejaan. Ek stem saam, dis baie dwaas om die diere in jou huis groot te maak soos ‘n mens. Die arme dier weet nie wat hy/sy uiteindelik is, met instinkte soos ‘n dier maar verwagtinge soos ‘n mens. Ongelukkig vier die selfsug van die mens hoogty in die dier en die veg vir oorlewing van die dier die strekste instink. Dit is dan gevaarlik om die dier tussen mense te he. Jammer tannie, dis die beste vir die arme dier. Ons moet met die verstand dink, nie die hart.

Werner Gouws ·

Dis defenetief ‘n aap. Bobejaan se kind is bie groter en baie gevaarliker!

Paul Joubert ·

Die foto is ‘n argieffoto en nie ‘n foto van die betrokke dier waaroor die artikel handel nie. Die dier op die foto is ‘n jong bobbejaan.

In die oorspronklike Engelse berig word daar na die dier wat van kant gemaak is, verwys as ‘n “baboon”. Hoewel ‘n bobbejaan tegnies ‘n soort aap is, is daar in die algemene omgangstaal in Suid-Afrika ‘n verskil tussen ‘n “aap” en ‘n “bobbejaan”, waar “aap” gewoonlik na ‘n blou-aap of ‘n Samango-aap verwys, terwyl ‘n bobbejaan na die Kaapse bobbejaan verwys.

Christo ·

Werner – Ek raai jy het nog nooit ‘n aap gesien nie.
Hierdie is onbetwisbaar ‘n jong bobbejaan.

Anne-Mari Gavin ·

Dit is verseker ‘n BOBEJAANTJIE!!!!! Ek doen diere rehabilitasie en het al baie grootgemaak. Dit was nou dwaas om die arme dingetjie te probeer Limpopo toe stuur. Daar is rehab centres in die Kaap! Dit is presies wat die ‘breinlose so called wildbewarings’ amptenare doen. Te maklik om hulle net dood te maak. Dit neem 7 jaar om hulle weer te rehabiliteer. Mense wat nog nooit met hulle gewerk het het nie ‘n idee wat aangaan. In ons land word die mammas opgevreet deur die evil mense in ons land en dit is hoekom ons dan somtyds die arme wesies kry en met die groot taak begin om hulle weer te rehabiliteer. Kos baie geld maar elke RAND WERD, want hulle het meer verstand as mense wat net alles wil doodmaak. Lees gerus Job 12:7. Tyd dat die moordlus van mense wat ek as demonies klassifiseer. Enige bobbejaan ma sal haar bes doen om ‘n mens baba groot te maak as sy dit in die bos moet kry, maar die mens sal liewer hulle babas doodmaak want hulle is mos glo peste!!!! God se skeppings werk is in hulle oë is mos peste!!! Kan maar net vir julle bid want julle sal sowaar eendag die prys betaal omdat julle geen respek vir my Vader se skeppings werke het. Word wakker en begin respekteer wat God geskape het ASB!! Hulle was eerste geskape en God was nie spyt daaroor maar nadat Hy mense geskape het was hy hartseer en bitter spyt dat Hy hulle geskape het!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.