Die liggaam van ʼn vrou is in ʼn veld agter ʼn kroeg in Swartruggens in Noordwes gevind. Die vrou se borste is afgesny.
Kapt. Pelonomi Makau, woordvoerder van die polisie, sê die vrou, vermoedelik tussen 26 en 30 jaar oud, se liggaam is Sondag deur ʼn verbyganger in die veld gevind. Die vrou was halfnaak en het slegs ʼn T-hemp aangehad. “Haar gesig is met ʼn klip stukkend geslaan. Haar borste is afgesny en haar privaatdeel is met ʼn skerp voorwerp gesny.” Makau sê die vrou se maag is ook oopgesny. Die polisie wag intussen op die uitslag van die nadoodse ondersoek om vas te stel of die vrou ook verkrag is voor sy vermoor is.
SAPA
Watse monsters loop tussen ons rond????