Vrou seksueel aangerand, geskok tydens plaasaanval

ʼn Vrou is seksueel aangerand en met ʼn elektriese koord geskok tydens ʼn plaasaanval in Nelspruit in Mpumalanga.

LookLocal berig dat Doug Burnett (47) met die Laevelder oor die aanval op hom en sy vrou, Juanita (37), en hulle twee seuns, onderskeidelik 11 en 17, gepraat het. Die bure se honde het omstreeks 16:40 begin blaf en die egpaar se jongste seun het uitgegaan en gaan kyk maar kon niks sien nie. Toe die gesin weer ʼn geluid hoor is Doug na buite waar hy teen een van die rowers vasgeloop het. Die rower het hom teen die glasdeur vasgedruk en sy beursie gesteel. Intussen het nog twee rowers die huis binnegestorm en die egpaar en hulle jongste seun tot op die vloer in die TV-kamer gedwing. Die egpaar se oudste seun het gevlug en gaan hulp soek. Juanita het probeer opstaan waarna sy met ʼn stok oor die kop geslaan is. Doug is in een van die kamers vasgebind. Juanita en die jongste seun is ook vasgevind. Een van die rowers het glo haar klere opgelig en na haar borste en privaatdele gekyk voor hulle seun bo-op haar vasgebind is. Sy is ook met ‘n leeslamp se koord op haar arms geskok. Die rowers het op die vlug geslaan nadat hulp opgedaag het.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.