Vrou, seun aangekla vir sameswering tot moord

'n Vrou en haar 21-jarige seun is van sameswering tot moord op 'n bekende atleet van Mpumalanga aangekla.

ʼn 38-jarige vrou en haar 21-jarige seun is van sameswering tot moord op ʼn bekende atleet aangekla.

Jeremiah Hlalele (48), ʼn atleet, is dood in sy huis in Kinross, Mpumalanga aangetref. Hy het verskeie steekwonde aan sy lyf gehad.

ʼn Voorlopige ondersoek het gelei tot die vrou en seun se inhegtenisname. Volgens Kolonel Leonard Hlathi, ʼn woordvoerder vir die Mpumalanga-polisie, het die vrou erken dat sy ʼn 46-jarige vrou en drie mans van Lesotho gehuur het om Hlalele te vermoor. Haar seun was glo van die moordkomplot bewus maar het die polisie nie in kennisgestel nie.

Die verdagte sal Donderdag in die Evander-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.