Vrou sien ‘verkragters’ by optog teen mishandeling

Die slagoffer van ‘n bendeverkragting het twee van haar vermeende aanvallers tydens ʼn optog teen vrouemishandeling in Port Elizabeth raakgesien.

The Weekend Post berig dat Andy Kawa (50) van Johannesburg aan ʼn optog teen vrouemishandeling in Port Elizabeth deelgeneem het toe sy twee van haar vier vermeende aanvallers gesien bedel het in ʼn parkeerarea naby Kingsstrand. Kawa is in Desember 2010 naby die parkeerarea verkrag.

Die betogers het op die twee mans, glo ʼn pa en seun, afgestorm en hulle aangehou tot die polisie opgedaag en hulle in hegtenis geneem het. “Die polisie het [na die verkragting] my klere by die een man [die pa] gekry maar hulle het hom nie in hegtenis geneem nie. Ek het aan die betogers gesê ‘hier is hulle’ en ons het hulle vasgehou tot die polisie opgedaag het,” het ʼn emosionele Kawa gesê.

Kapt. Stanley Jarvis, ʼn polisiewoordvoerder, het aan The Weekend Post gesê die pa is kort na die bendeverkragting in hegtenis geneem en dat hy in in die St Alban-gevangenis aangehou is, voor die saak voorlopig teruggetrek is in November. Jarvis sê die pa en seun sal tot Maandag in aanhouding wees voor hulle in die hof sal verskyn op aanklagte van verkragting. Kawa sê sy hoop dat geregtigheid die keer sal geskied.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.