Vrou skenk geboorte langs hoofweg

Paramedici van ER24 saam met die pasgebore tweeling. Foto: ER24

ʼn Vrou het Woensdag langs die N2 hoofweg naby die Umgeni-afrit geboorte geskenk aan ʼn tweeling, het paramedici gesê.

ʼn Woordvoerder van ER24, Derrick Banks, sê toe paramedici op die toneel kom het die vrou op die sypaadjie langs haar motor gesit. Die 31-jarige vrou was klaar besig om geboorte te skenk en paramedici van ER24 het die vrou gehelp om seker te maak dat sy en haar tweeling dogtertjies in goeie gesondheid is. Die ma en haar babas is na die Kind Edward-hospitaal geneem vir verdere behandeling. Banks sê die vrou was vermoedelik op pad hospitaal toe, toe haar water gebreek en sy begin krampe kry het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.