Vrou skiet rower dood

ʼn Vrou het Dinsdag ʼn rower in haar huis doodgeskiet nadat sy deur twee mans aangeval is.

Volgens kaptein Thulani Zwane, ʼn polisiewoordvoerder, het die voorval in Margate, KwaZulu-Natal, plaasgevind.

“Twee gewapende mans het die 39-jarige vrou se huis betreë terwyl haar man weg was,” het Zwane gesê. “Die mans was met messe gewapen en het die vrou erg aangerand, waarna hulle items in die huis begin steel het.”

Die vrou het daarin geslaag om haar man se vuurwapen in die hande te kry en het een van die rowers noodlottig gewond. Die ander rower het van die toneel gevlug. Die vrou het die polisie ontbied en is hospitaal toe geneem vir behandeling.

“ʼn 25-jarige man is op die toneel dood verklaar. ʼn 27-jarige verdagte is later in Uvongo in hegtenis geneem. ʼn Mes en van die gesteelde items is in sy besit gekry,” het Zwane bygevoeg.

Die verdagte moet vandag in die Ramsgate-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Chris de Wet ·

N vrou so na my hart, sy behoort n voorbeeld te wees vir alle vroue, mooi so

Trudie ·

Mooi! Jammer dit werk nie altyd op so ‘n goed uit nie. God was met hierdie vrou. Dit moet net meer male kon gebeur.

Piet ·

‘n Hotnot bly nou maar een maal ‘n dom ding. Rand eers die vrou aan en los haar dan om ‘n vuurwapen te gaan kry.

Sy moes die ander een se ballas weggeskiet het sodat hy nooit weer kon teel nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.