Vrou slaan kêrel glo met sy krukke dood

Helen Thomas (54) van Kaapstad wat daarvan beskuldig word dat sy haar 50-jarige kêrel met sy eie krukke vermoor het, het in die Muizenberg-landdroshof verskyn, het die Cape Argus Donderdag berig.

Thomas het Lionel de Robillard (50) glo op 4 Junie doodgeslaan. Volgens die Cape Argus het bure hom glo kaal op ʼn sypaadjie in Marina da Gama sien kruip om weg te kom, maar hy het later in die hospitaal aan sy wonde beswyk.

Thomas het Woensdag in die hof verskyn. Mediese verslae, foto’s van die misdaadtoneel en ʼn bloedspatanalise is egter steeds uitstaande. Die saak is tot 26 Augustus uitgestel.
-SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.