Vrou slaan ontroue man met koffiebeker dood

Argieffoto.

ʼn Japannese huisvrou het glo haar bejaarde man met ʼn koffiebeker doodgeslaan nadat sy uitgevind het dat hy ontrou was aan haar.

Die 61-jarige vrou het na bewering haar man aangeval nadat sy uitgevind het dat hy ʼn verhouding met ʼn ander vrou aangeknoop het. Sy het hom Sondag glo verskeie kere met die beker teen sy kop en gesig geslaan. Die voorval het by hul huis, suidwes van Tokyo plaasgevind.

Die slagoffer, Yashuo Hirose (75), ʼn ere-professor aan die Yokohama National University, is na die hospitaal geneem waar hy later aan sy beserings beswyk het.

“Hy het ʼn verhouding aangeknoop met ʼn vrou wat ek gehaat het,” het sy vrou, Emiko Hirose, aan die polisie gesê. “Ek het mal geword en hom meer as tien keer met die beker geslaan.”

Die vrou is in hegtenis geneem op ʼn aanklag van poging tot moord.

– SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Willy ·

‘n Verhouding aangeknoop het met ‘n vrou wat sy gehaat het! Sal enige vrou nie die ander party haat nie?
Lyk my daar is nog hoë kwaliteit noritake’s te kry in Japan.

Trippie ·

Nie noodwendig nie.

Skok
Ongeloof
Woede
Aanvaarding / Berusting
VREDE

Erich Goosen ·

Ek wil nie eintlik van so ‘n tragiese gebeurtenis ‘n grappie maak nie maar wil darem ook as ‘n 70+ jarige my bewondering uitspreek dat die 75 jaar oue slagoffer sy veel jonger vrou (61 jaar) so verneuk het dat sy hom toegetakel het. Die Japenner mans moet seker iets op ‘n daaglikse basis gebruik wat hul baie amoreus maak!

Trippie ·

Erich, lekker om jou hier raak te lees.

Toe ek jou naam sien, het ek geweet hier kom weer ‘n bietjie humor.

Willy ·

Miskien is daardie renosterhoring remedie nie so ‘n groot mite nie Erich.

JAVR ·

En hardloop kan hy seker LANKAL nie meer nie! So ‘n orige ou omie!

Erich Goosen ·

Dit kan dalk renosterhoring wees wat die ou oom so hups gemaak het. Hy het duidelik meer libido as vir huishoudelike gebruik gehad wat tot sy ondergang gelei het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.