Vrou slaap in tronk oor ‘rassistiese uitlating’

ʼn Vrou van KwaZulu-Natal het ʼn nag agter tralies deurgebring nadat sy glo ʼn rassistiese aanmerking gemaak het teenoor ʼn man by ʼn gimnasium in Richardsbaai.

The Witness berig dat Ashika Ramdeen (39) Donderdag in die hof verskyn het in verband met die voorval wat glo Woensdagaand plaasgevind het. Ramdeen het glo reeds om verskoning gevra aan Jabulani Cebekhulu (34). Sy is glo kort na die voorval buite die gimnasium in hegtenis geneem en moes die aand agter tralies spandeer. Sy word aangekla van crimen injuria. Die voorval het glo plaasgevind nadat Cebekhulu vir Ramdeen daarvan beskuldig het dat sy nie in die tou staan om die masjiene te gebruik nie. Die voorval het glo plaasgevind by ʼn reeks masjiene wat glo in ʼn sekere volgorde gebruik moet word. Cebekhulu het haar glo gevra om te skuif aangesien dit volgens hom sy beurt was om die masjien te gebruik, maar sy het glo geweier. Cebekhulu sê Ramdeen het hierna gesê: “K*****s sal altyd k*****s wees. Hy het haar glo gevra waarom sy hom beledig toe sy glo gesê het “Jou dom k*****” en weggeloop het. Cebekhulu is dadelik na die polisie waar hy ʼn saak teen Ramdeen aanhangig gemaak het. “Dit was eers toe ek by die huis gekom het dat ek besef het watter invloed die voorval op my gehad het. Ek kon nie slaap nie. Ek was so kwaad. Ons probeer hierdie land bou. Ons kan nie die tipe gedrag aanvaar nie.” Ramdeen se man het aan The Witness gesê dat sy vrou baie jammer is oor die voorval. Ramdeen se kontrak by die gimnasium is onmiddellik gekanselleer. Die hofsaak is tot 14 Maart uitgestel vir verdere ondersoek.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Maryke ·

Sulke goed moet in die kiem gesmoor word. Maar ook na beide kante. In ons land is dit net rassisties as iemand die gewraakte k woord gebruik, maar as daar andersom gediskrimineer word, is dit maar reg so.

Mandi ·

Die land was reeds gebou by die tyd dat die ANC oor gevat het. Vandag is daar niks oor van ons land nie en die vraag bly hoekom. Blankes is veel minder rassisties as wat swart mense is, maar dit word nie raak gesien nie. Laat jou weereens wonder hoekom en vir die wat glo SA het eers aan hulle behoort, ek het nuus vir elke nasie,die enigste nasie wat kan “claim” le op die Wes Kaap, is die Khoi-San (boesmans vir die wat nie weet nie.)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.