Vrou sterf by lughawe na sy glo kop stamp

Die lughawemaatskappy van Suid-Afrika het bevestig dat ʼn vrou op die OR Tambo Internasionale Lughawe gesterf het nadat sy glo haar kop gestamp het.

Die voorval het glo net na 6:00 Donderdagoggend plaasgevind. Die vrou het glo gehaas om haar vlug na Port Elizabeth te vang toe sy glo haar kop gestamp het. Sy het na bewering kort hierna gesterf. ‘n Woordvoerder van die lughawemaatskappy, Unathi Batyashe-Fillis, sê dit is nog nie duidelik waaraan die vrou dood is nie en dat ʼn nadoodse ondersoek dit sal bepaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.