Vrou sterf gru-dood

Argieffoto.

Die liggaam van ʼn vrou, wat glo verkrag en toe met buitebande aan die brand gesteek is, is Maandagmiddag opgespoor.

Ao. Kay Makhubela, ʼn polisiewoordvoerder, sê ʼn verbyganger het op die vrou, in haar 20s, se liggaam in ʼn oop veld in Dobsonville, Soweto, afgekom. “Sy is met buitebande aan die brand gesteek. Ons vermoed sy was verkrag en vermoor voor haar liggaam aan die brand gesteek is,” het Makhubela gesê.

Volgens Makhubela is die vrou glo oor die naweek vermoor. Die polisie ondersoek ʼn saak van moord. Mense met inligting kan ao. Sibeko skakel by 082 304 9039 of 011 983 1600.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.