Vrou sterf in PTA-ongeluk

ʼn Vrou is dood en dertien ander beseer nadat ʼn minibustaxi Woensdagoggend teen ʼn voertuig in Pretoria gebots het.

Santi Steinmann, ʼn woordvoerder van Netcare 911, sê die ongeluk het op DF Malanrylaan plaasgevind. “Die minibustaxi het van agter teen ʼn ander voertuig gebots en omgeslaan. Die vrou is op die toneel dood verklaar. Die ander pasiënte het matige tot kritieke beserings opgedoen. Hulle is op die toneel gestabiliseer en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling,” het Steinmann gesê.

Die polisie ondersoek die oorsaak van die ongeluk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.