Vrou sterf, man kritiek na motorfiets teen muur vasry

ambulansʼn Vrou is dood en ʼn man is in ʼn kritieke toestand nadat hulle Dinsdag in die vroeë oggendure met ʼn motorfiets in ʼn muur in St Michaels, KwaZulu-Natal, vasgery het.

Chris Botha, ʼn woordvoerder van Netcare 911, sê die ongeluk het omstreeks 00:44 in Marinerylaan plaasgevind.

“Die oorsaak van die ongeluk is onbekend en word deur die polisie ondersoek,” het Botha gesê.

Hy sê die vrou was reeds dood toe paramedici by die toneel opgedaag het. “Die man is op die toneel gestabiliseer en in ʼn kritieke toestand na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.