ʼn Vrou is Saterdag dood nadat haar motor op die N1 naby Hammanskraal die pad verlaat en teen ʼn boom gebots het.
ʼn Woordvoerder van Netcare911, Jeffrey Wicks, sê die vrou se motor het die pad verlaat en deur ʼn veld gery voor dit teen die groot boom gebots het. Wicks sê die vrou het ernstige beserings opgedoen en is op die toneel dood. Haar liggaam moes met meganiese toerusting uit die wrak verwyder word.