Vrou sterf na polisiejaagtog

Saps-ls10-320x224Die onafhanklike polisieondersoek-direktoraat (Opod) ondersoek ʼn sakevrou se dood ná ʼn polisiejaagtog in Umkomaas, KwaZulu-Natal.

Moses Dlamini, woordvoerder van Opod, sê hulle ondersoek ʼn saak van moord en regsverydeling. ʼn Groep polisiebeamptes in drie voertuie het glo Sondagaand gesien hoe ʼn vrou roekeloos bestuur en haar probeer aftrek. Die 45-jarige vrou het glo weggejaag waarna die polisiebeamptes haar agternagesit het. “Die polisiebeamptes het skote op die vrou se motor afgevuur. Sy het beheer oor die motor verloor waarna dit omgeslaan het. Die vrou is op die toneel dood.” Dlamini sê die polisiebeamptes het die ongeluk aangemeld maar glo die feit dat hulle skote op die vrou se motor afgevuur het weggesteek. “Toe die voertuig weggesleep is, het die stasiebevelvoerder gesien daar is koeëlgate in die motor waarna hy die verdagtes ondervra het oor wat gebeur het. Hulle kon nie ʼn redelike verduideliking gee oor die skietery nie.” Die stasiebelvoerder het Opod in kennis gestel. Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Dinknet ·

Nee!! Hierdie is n onnodige dood! Almal weet dis n risiko om vir enige beampte te stop.

vuurvreter ·

Kan jy dit glo? Daar is n eerlike stasie bevel voerder. Veels geluk en hou aan met jou goeie werk. Jys een uit elke 5miljoen.

Pieter Potgieter ·

Ja wat sal ons se , het sy nie geld by haar gehad nie en was daar nie n ander rede hoekom sy weg gejaag het nie dinknet. Ai gaan ons land ooit weer normaal wees. Daar moet dieper ondersoek word na die voorval en hoop die waarheid kom uit.

vuurvreter ·

Attie jys reg. Ek was afgetrek by n road block en het my akte tas by die werk gelos met my licence in. Dit het my n volle R200 uit die sak gejaag.

Jasper ·

Die vrou is nie meer daar om haar storie te vertel nie. Die manne was reeds oneerlik en wat moet ons nou verder van hulle glo ?

vuurvreter ·

Maroela, WARM DEBAT?? Wa val julle uit????? Gaan steek gerus kers op by ander forums. Kan julle nie sien amper niemand lewer meer kommentaar op maroela nie.

F Marais ·

Ag vuurvreter, ons ander stel belang in die nuus en SINVOLLE kommentaar, nie die spul tjol wat ander (sal nie name noem nie) hier opgedis het nie. Lyk my hulle het in elkgeval padgegee..

Vas Vat ·

Vraag is,gaan die skuldiges werklik vervolg word,of gaan die saak maar ook “stol” en niks daarvan kom nie ??? Ons sal maar wag en kyk of ons weer hiervan hoor.

vuurvreter ·

Vas vat jy sal niks weer hoor nie. Ai my hart is seer al my vriende het maroela gelos en is nou op ander forums.

J.A. ·

Hoop hulle word vervolg en swaar gestraf oor hulle skietery verswyg het!!! Maar die vrou wat deur ‘n dronk polisieman voor Polisiekantoor in Kemptonpark doodgeskiet is, het skotvry daarvan afgekom…..

J.A. ·

Terloops, oor die ander wat die forum verlaat het….van hulle het regtig begin om vulgêr te raak, soos dronkies om ‘n braaivleisvuur….!

Wessel van Vuuren ·

J.A. Ek dink dat Maroela nou baie meer besoeke gaan kry. Niemand is meer lus vir hierdie tipe van kommentaar nie.

Maggie ·

Jammer, ek kom bietjie laat in. Die vrou het weggejaag vir iemand wat haar agtervolg het met ‘n bloulig, sy het haar ma gebel en gevra wat moet sy doen die het vir haar gese, jaag na die naaste polisie stasie, waarop sy toe uit vrees nie stop by die blokkade nie daar word summier op haar geskiet, ek vermoed sy is raak geskiet en haar voertuig het toe gerol, dit is die inligting wat ek gekry het, en ek hoop die skuldiges word gevang. Dit was onnodig om op haar te skiet, gesien in lig dat daar so baie bloulig bendes en korrupte polisie in ons land is. Geen mens kan meer die polisie vertrou nie.
(gewysig)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.