Vrou sterf ná skoonseun haar glo met petrolbom gooi

Argieffoto

Argieffoto

Die polisie is op soek na die skoonseun van ʼn bejaarde vrou nadat hy haar glo Sondag met ʼn petrolbom in Johannesburg gegooi het.

Sers. Obakeng Mabaso, ʼn polisiewoordvoerder, het Maandag aan Maroela Media gesê die voorval het in Sophiatown naby Melville en Newlands plaasgevind. “Die polisie is na die toneel ontbied waar ʼn 12-jarige seun die polisie gelei het na waar die 73-jarige vrou met ʼn petrolbom gegooi is,” het Mabaso gesê.

Die vrou is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem en het later die dag aan haar beserings beswyk.

“Die skoonseun word deur die polisie gesoek in verband met die voorval. Teen Maandagmiddag was hy nog nie opgespoor nie,” het sy gesê.

Sy het gesê die polisie het aanvanklik ʼn saak van poging tot moord ondersoek, maar dit is nou verander na moord, aangesien die slagoffer gesterf het.

Die slagoffer se naam mag nog nie bekend gemaak word nie. ʼn Bron het aan Maroela Media gesê die slagoffer se skoonsuster het ʼn hartaanval gekry toe sy die nuus gehoor het en word by ʼn hospitaal se intensiewesorgeenheid behandel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Justi ·

Jasper hoe glimlag ek nou so by myself. Hehehe………ja, dalk ne?

Trippie ·

LoL Jasper … gewoonlik is dit mos skoondogter en skoonma wat haaks is …

Trippie ·

Jasper, ek kan nie verstaan waarom my kommentaar nie toegelaat word nie.

My woorde was : “Wat ‘n wrede dood om te sterf”.

Maar ja, gewoonlik is dit mos skoonma- en dogter wat haaks is. LOL

ruben ·

Al maak n skoonma jou hoe kwaad Casper. mens daal nie so laag nie. Kry eerder n man wat jy kan aanvat wat jou dalk n pakslae kan terug gee. Van Ruben

Justi ·

Goeie hemel! Dis erg. Waarvoor moet daar altyd gemoor word? Dit wil my voorkom dit is in hulle ingebore. Arme vrou. Mag iemand hom beetkry en dieselfde doen!

Paul ·

Soek jy ‘n lys van die grootste reeksmoordenaars ooit? Dan sal jy dalk nie meer ‘n rasse-veralgemening wil maak nie…

Stoere Boer ·

Hierdie is Suid Afrika en hier is dit duidelik wie die meeste moorde pleeg. Wag tot hulle voor jou deur staan dan sal jy seker ook eers ‘n lys van reeksmoordenaars wil gaan haal.

Marietjie ·

Paul dit is familie van my vriendin en dis `n blanke persoon en dit maak dit so moeilik om te aanvaar dat die aanval so ongelooflik wreed kon wees. Die ou tannie het 90% brandwonde opgedoen is net na middernag oorlede en haar sussie is steeds in ICU nadat sy die nuus ontvang het. Hulle wou blykbaar nie eers toelaat dat die familie die ou tannie besoek omdat sy so verskriklik erg gebrand het nie en sy kon nie eens vlug nie want sy het reeds baie moeilik geloop. Dit is so baie hartseer.

leon ·

Lol mens kry skoon ma’s waarmee die duiwel self nie wil inmeng nie. Die man het seker maar gedink genoeg is genoeg. My skoon ma is nie juis ver van dit af nie.

Trippie ·

Hehehe, dan het jy my innige simpaaaaatie !

“Keep it cool” !

Maggie ·

Dit was baie wreed en onsinnig, Leon ek dink jy is dalk die dr@l in die drinkwater en nie jou skoonma nie, as ek so jou swak onsmaaklike kommentaar lees.

Daan ·

Maggie dit is nie net Leon se kommentaar nie. Daar is ander wat net so onsmaaklik is en wat hulle nie besef is dat familie of vriende hierdie kommentare lees soos Marietjie wat die mense ken.

renelda ·

Ek kan nie glo dat mense so gevoeloos kan wees nie @leon dis my skoonma waarvan jy so praat en net n korreksie sy kon glad nie loop nie so sy kon niks doen nie!!Dink bietjie voor julle komentaar gee inelkgeval verdien niemand om aan die brand gesteek te word nie jou idioot en net nog n saak dis nie haar skoonsuster wat hartaanval gekry het nie maar haar een dogter en sy het n ligte hart aanval gehad is al trug by die huis en sy oky en sy is kwart voor 4 oorlede

Walter ·

Mag dit met julle net beter gaan Renelda. Ek vra omverskoning vir ‘n paar van hulle wat hierdie ongevoelige kommentare plaas. Party is net hier om die ander te beindruk wie die grootste grapmaker is en verwag almal moet vir hulle lag. Dan is party upset hoekom hulle kommentare nie geplaas word nie. Vergewe hulle wat niks vir hulle medemens omgee nie. Dis ‘n tragedie.

Jolanda Oosthuizen (dogter van Brenda hedges) ·

Dankie Renelda ek kon dit nie beter se nie

Karin ·

Hallo

Die berig is nie akkuraat nie.

Ek ken een van die dame se dogters.

Die tannie was bedlend en sy kon haar self nie help nie. Die skoonseun het haar vol petrol gegooi en haar toe aan die brand gesteek. Hy het tot die kamer se deur gesluit sodat niemand haar kon help nie.

Hy is siek. Geen nomale mens sal iemand wat so hulpeloos is soos wat die tannie was so aanval nie.

Wou maar net die saak reg stel.

Vicky ·

Hi Karen

Ek ken ook die mense. Dis presies soos jy se wat gebeur het, sy was bedlend en kon nie opstaan nie hy het letterlik ingestap, pertol oor haar gegooi en haar aan die brand gesteek en nog die kamer deur gesluit sodat haar familie nie dadelik kon inkom nie en hy het gevlug deur die venster!! Die hond!!

So wreed ek het geen simpatie met hom nie!!! Hulle moet hom vir die familie gee dat hulleself met hom afreken!!!

kay ·

Ai nee ek skaam my dood hoe kan julle so jokes maak oor iemand anders se dood? Gedra julle asb soos mense en nie barbare nie!!

Kotie ·

Wat ek nie van mense kan verstaan nie! Agshame die arme SKOON MA’S word altyd as die verkeerde een uitgemaak. maar dink baie van die skoonseuns en skoondogters moet miskien eers na hulle self begin kyk en eerstens die foute by hulself begin soek en dan besef dat hulle miskien die probleem is en nie die skoon ma’s nie. Hoe sê hulle dit is mos lekker om altyd die arme skoon ma as die vark uit te maak. Leon jy weerspieël maar net jou karakter met jou swak opmerkings,dit is eintlik skokkend dat enige persoon wie dit ook al is so wreed kan wees! Dit is soos iemand hier gesê het hy is ‘n lafaard om ‘n vrou van daardie ouderdom en haarself nie kan help en boon op verdedig nie so te vermoor. Sulke mans is muise kan mos nie sy eweknie’s aanvat nie,want dan gaan hy goed op sy hel kry. En die ander kant is watter respek het hy vir homself en wys jou wat dink hy van sy gesin.Dit is regte skokkend dat veral blankes sulke grappe kan maak oor so ‘n wrede daad wat gepleeg is. Mag die Here troos bring vir die naasbestaandes en familie in hierdie hartseer tyd.

Kotie ·

Ek wil net vir die vrou van die man wat sy skoonma so wreed aangeval het wat gelei het tot haar dood,sê ons dink aan haar en haar gesin. Dink die hele land is geskok oor die aanval en glo almal bid vir die familie van Tannie Brenda Hedges. Mag julle berusting kry en sterkte aan alle naasbestaandes.

Vicky ·

Daar is geen dood so wreed nie, maak nie saak wat hom so kwaad kon maak nie, geen mens verdien om so wreed te sterf nie, geen mens kan so iets aan iemand anders doen nie Hy moet geen hart he nie, hy is ‘n dier ‘n wreede dier!! Wat gebeur met ons land, dat mense so wreed moor?

Ek dink nie dis geen grap nie, sy het behoort aan iemand sy was iemand se ma of ouma, iemand was lief vir haar, iemand huil en het vreeslik seer! Mag GOD saam die familie gaan. STERKTE

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.