Vrou sterf ná “sonlig-dieet”

Die Switserse koerant Tages-Anzeiger berig dat ʼn vrou van hongersnood gesterf het nadat sy glo op ʼn geestelike dieet gegaan het wat bepaal dat sy moet ophou eet en drink en slegs van sonlig moet leef.

Die koerant het Woensdag berig dat die anonieme vrou in haar vyftigs in 2010 besluit het om aan ʼn radikale vas deel te neem nadat sy ʼn Oostenrykse dokumentêr gesien het waarin ʼn Indiese guru beweer hy leef al 70 jaar lank só. Luidens die berig was daar al talle soortgelyke sake van self-hongersnood in Duitsland, Brittanje en Australië. Die aanklaer se kantoor in die Switserse staat Aargau het Woensdag bevestig dat die vrou in Januarie 2011 in Wolfhalden in die ooste van Switserland gesterf het. Woordvoerder Jennifer Rissi sê die aanklaers het nie ʼn kriminele ondersoek gelas na die vrou se afsterwe nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.