ʼn Vrou is dood nadat sy deur ʼn swerm bye getakel is terwyl sy werk toe geloop het.
Verbygangers het die vrou se geswelde liggaam op die hoek van twee strate in Port Elizabeth gevind en die polisie in kennis gestel. Kapt. Johan Rheeder, woordvoerder van die polisie, sê die vrou is vermoedelik orals oor haar lyf deur die bye gesteek aangesien haar hele lyf opgeswel was. Hy sê die vrou was vermoedelik 55 jaar oud. “Ons probeer steeds om haar te identifiseer.” Die polisie kon nie meer inligting beskikbaar maak nie.