Vrou sterf na sy in mangat val

ʼn Geestesversteurde vrou is dood nadat sy in ʼn mangat geval het in Bloemhof, Noordwes.

Lt. Kol. Lesego Metsi, woordvoerder van die polisie, sê die 50-jarige vrou se familie soek sedert Dinsdagaand na haar nadat sy hul huis verlaat het. ‘n Familielid het die vrou se liggaam Woensdag net voor middagete in die oorstroomde mangat opgemerk. “Die vrou het na verwagting nie die mangat gesien nie aangesien dit met water gevul was,” het Metsi gesê. Die vrou se liggaam is omstreeks 15:30 Woensdagmiddag deur lede van die polisie se duikeenheid uit die mangat verwyder. Die polisie ondersoek die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.