Vrou sterf in ongeluk

netcare911-1-292x225ʼn Vrou is dood en twee mense beseer nadat die motor waarin hulle gery het Vrydagaand in Kempton Park omgeslaan het.

Santi Steinmann, woordvoerder van Netcare911, sê die ongeluk het op die R21 naby die Olifantsfontein-afrit plaasgevind. Sy sê ʼn vrou is op die toneel dood verklaar. Volgens Steinmann is twee mans beseer en op die toneel behandel voor hulle na nabygeleë hospitale geneem is vir verdere behandeling. Sy sê die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie en word deur die polisie ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.