ʼn Vrou is dood en ʼn man is in ʼn kritieke toestand ná ʼn ongeluk Woensdagaand tussen ʼn motor en twee vragmotors in Kempton Park in die Oos-Rand.
Volgens Santi Steinmann, ʼn woordvoerder van Netcare 911, is die oorsaak van die ongeluk nog nie bekend nie. Die polisie ondersoek die ongeluk wat omstreeks 19:30 in Pomonaweg plaasgevind het.
“Die vrou, wat die motor bestuur het, was reeds dood toe paramedici by die toneel opgedaag het,” het Steinmann gesê.
Een van die vragmotorbestuurders het kritieke beserings opgedoen en moes met ʼn helikopter na nabygeleë hospitaal geneem word. “Die bestuurder van die ander vragmotor is ongedeerd,” het sy gesê.