Vrou sterf toe sy kat probeer red

ʼn Vrou is Saterdag doodgery toe ʼn motor haar getref het terwyl sy ʼn kat, wat ook raakgery is, probeer red het.

Chris Botha, ʼn woordvoerder van Netcare 911, sê die voorval het by die kruising van Mayors Walk- en Winstonweg in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal, plaasgevind.

“Die 48-jarige vrou, wie se naam nog nie bekend gemaak kan word nie, is deur ʼn voertuig raakgery toe sy in die kruising ingehardloop het om die kat te probeer red. Die vrou het veelvoudige kritieke beserings opgedoen en is op die toneel dood verklaar,” het Botha gesê.

Die kat het ook nie oorleef nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.