Vrou sterf toe trok by hawe in see stort

Foto: NSRI

ʼn Vrou het Saterdag verdrink nadat ʼn vragmotor by die Durbanse hawe in die see gestort het.

Andre Fletcher, die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) se adjunk-stasiebevelvoerder in Durban, sê Transnet het die NSRI gekontak nadat die vragmotor in die see beland het. Die polisie en nooddienste was reeds op die toneel toe die NSRI opgedaag het. Fletcher sê twee mans wat glo by die hawe werk het in die see ingespring nadat die vragmotor in die water beland het. Die mans het die liggaam van ʼn 25-jarige vrou, die enigste insittende in die vragmotor, uit die water gehaal. Die vrou is op die toneel dood verklaar en haar liggaam is deur die polisie se forensiese patologiedienste na ʼn lykshuis geneem. Die polisie ondersoek die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.