ʼn Vrou is dood nadat sy Vrydagmiddag deur ʼn voertuig getref is op die R54-pad buite Potchefstroom.
Volgens Vanessa Jackson, ʼn woordvoerder van ER24, was die vrou in ʼn kritieke toestand toe paramedici by die toneel opdaag het. “Paramedici het hul bes probeer om haar te stabiliseer, maar haar beserings was te ernstig en sy is op die toneel dood verklaar,” het Jackson gesê.
Die voertuig wat die vrou getref het, was nie op die toneel toe die polisie en paramedici by die toneel opgedaag het nie. Die mense wat saam met die vrou geloop het toe sy getref is, is ongedeerd. Die polisie ondersoek die voorval.
Vraag is. Wie is skuldig, die voertuig bestuurder, of die voetganger.
Skuldig of onskuldig…….n mens verlaat nie n ongelukstoneel nie!!!