Vrou sterf tydens betoging

ʼn Vrou is dood en tien mense in hegtenis geneem tydens ʼn betoging oor dienslewering naby Hazyview in Mpumalanga.

ʼn Polisiewoordvoerder, sers. Gerald Sedibe, sê die vrou is Sondagmiddag dood nadat sy deur ʼn vragmotor raakgery is. Die polisie soek steeds na die bestuurder van die vragmotor. Tien betogers is later die middag in hegtenis geneem vir openbare geweld en saakbeskadiging. Hulle sal na verwagting Dinsdag in die plaaslike landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.