Vrou swaar gestraf ná hond ly

'n Jack Russel

ʼn Vrou van Krugersdorp aan die Wes-Rand is swaar gestraf nadat sy haar verminkte hond laat ly het sonder om vir hom behandeling te kry.

Antoinette van Wyk (34) is tot 12 maande tronkstraf gevonnis en ʼn boete van R5 000 opgelê deur die Krugersdorp landdroshof. Die tronkstraf is vir vyf jaar opgeskort. Van Wyk is ʼn verdere 12 maande korrektiewe toesig opgelê waartydens sy gemeenskapsdiens moet verrig. Die diereregtegroep, Community Led Animal Welfare (Claw), sê in ʼn verklaring dat Van Wyk volgens die hofuitspraak nie weer ʼn troeteldier mag aanhou of ʼn vuurwapen mag besit nie. Van Wyk is skuldig bevind aan dieremishandeling nadat ʼn Jack Russel in 2009 uit haar huis se oprit gered is nadat ʼn buurvrou om hulp geskakel het. Die hond se been was glo uit sy heuppootjie geskeur nadat hy vermoedelik vroeër deur ʼn motor raakgery is. Die wond was deurtrek met maaiers en Van Wyk het glo net verby die hond geloop. Die hond is deur Claw gered maar is dae later van kant gemaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.