Vrou takel mans tydens rooftog

ʼn Vrou van die Oos-Kaap het ʼn verdagte getakel toe hy en ʼn medepligtige verlede week haar winkel wou beroof.

Die Dispatch Online het Maandag berig dat twee mans, in swart geklee, Donderdag die vrou se winkel in Mqanduli betree het. Die vrou, Nolungile Wiwi, was besig om ʼn klant te help. “Die mans het baie netjies gelyk. Een het R20 uitgehaal en vir sigarette gevra. Hy het toe egter ʼn vuurwapen uitgepluk en wou ons beroof,” het Wiwi gesê.

Sy sê sy het uit skok op die man gespring en met hom begin stoei. ʼn Skoot het in die worsteling afgegaan en haar man, Tefayo, in die bolyf getref.

Wiwi het om hulp geroep en die verdagtes het rustig uit die winkel gestap sonder om enigiets te buit. Haar man is na ʼn hospitaal geneem vir behandeling. Die polisie ondersoek die voorval

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.