‘n Vrou is ernstig beseer nadat sy ‘n bokkie op ‘n pad in Colorado, Amerika, met haar voertuig getref het, voordat die boklam se ma die vrou getref het.
Die vrou het die boklam Woensdag op ‘n snelweg naby Colorado Springs getref, berig CBS4. Die vrou het afgetrek om die lam te help toe die ooi haar skielik getref het.
‘n Tweede motoris het ook afgetrek, berig KKTV. Terwyl hulle die jong bokkie ondersoek het, het ‘n derde voertuig die ooi getref. Die ooi is deur die lug geslinger en het die vrou getref.
Die vrou, wie se naam nie bekend gemaak is nie, sterk aan in die hospitaal.
Daar is jaarliks glo meer as 1.5 miljoen ongelukke wat verband hou met bokke in Amerika.