Vrou tronk toe ná sy gestremde seun verkrag

In ʼn waterskeidingsaak is ʼn vrou van Port Elizabeth tot 15 jaar tronkstraf gevonnis vir die verkragting van ʼn gestremde tienerseun.

IOL berig dat die 45-jarige vrou die 13-jarige gestremde seun in 2009 in Motherwell verkrag het. Die vrou mag nie geïdentifiseer word nie, ná ʼn suksesvolle aansoek voor die Oos-Kaapse hooggeregshof dat haar naam nie gepubliseer mag word nie. Die vrou se besonderhede sal in die nasionale register van seksoortreders verskyn. ʼn Woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, Tsepo Ndwalaza sê die skuldigbevinding is enig in sy soort. “Sy is die eerste vrou in Suid-Afrika om skuldig bevind te word aan verkragting.” Die vrou is vroeër skuldig bevind aan seksuele aanranding voordat die Wysigingswet op Seksuele Misdrywe van 2007 in werking getree het, waarna sy aan verkragting skuldig bevind is. Ndwalaza sê die voorval het in 2009 plaasgevind toe die kind in die vrou se pleegsorg geplaas is.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.