Vrou uit motor geslinger, sterf

iStock_000015602916XSmall91-320x212ʼn Vrou is Woensdagoggend dood nadat sy uit haar motor geslinger is tydens ʼn botsing met ʼn taxi in Bloemfontein in die Vrystaat.

Volgens ER24 is die vrou vermoedelik uit die motor geslinger weens die impak van die botsing. “Dokters van ʼn nabygeleë hospitaal het hul na die toneel gehaas in ʼn poging om die vrou weer by te bring maar dit was onsuksesvol.” Niemand anders is in die ongeluk beseer nie en die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

Intussen is ʼn vrou vanoggend in Kaapstad dood nadat sy in Vanguardweg deur ʼn motor omgery is toe sy die pad probeer oorsteek het. Sy is op die toneel dood verklaar. Die bestuurder van die motor was erg geskok maar is nie beseer nie. Die polisie ondersoek die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Trudie ·

Ek kan nie anders as om te sê, daar is omtrent by elke ongeluk, ‘n taxi betrokke. En as dit nie taxi is nie, is dit vragmotors. Wat gaan aan? Dit raak net erger en erger. En daar kan maar wette ingestel word, dit help nie want wie volg wie op? Nee, dit raak nou baie erg.

leana ·

Dis omdat hulle bestuur nes hulle lus het Trudie. gekoopte lisensies.

K@bous ·

Hulle koop hulle lisensies, maar vergeet dan om die Instruksies te kees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.