Vrou val 30m van krans, oorleef

ʼn 41-jarige vrou is in ʼn kritieke toestand in die hospitaal nadat sy Dinsdag omtrent 30m ver van ʼn krans in Welbedacht in Chatsworth, Durban, geval het.

Volgens Santi Steinmann, ʼn woordvoerder van Netcare 911, het paramedici en ander nooddienste ʼn lank geneem om die vrou te red. “Reddingswerkers moes met toue teen die krans afklim om by die vrou uit te kom. Hulle het die vrou op die grond behandel, stabiliseer en met ʼn draagbaar teen die krans opgehys,” het Steinmann gesê. Die vrou is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling. Dit is in die stadium nog nie bekend hoe of waarom die vrou geval het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.