Vrou val drie verdiepings toe sy kat wou vang

ʼn 44-jarige vrou van Bloemfontein is Dinsdag beseer nadat sy ongeveer drie verdiepings ver geval het toe sy haar kat wou vang.

Volgens Vanessa Jackson, ʼn woordvoerder van ER24, het die vrou se kat losgekom en op die bure se balkon rondgeloop. “Die vrou het van haar balkon af, na die bure se balkon gerek om die kat te probeer vang,” het Jackson gesê. “Sy het haar balans verloor en geval. Gelukkig het die vrou op haar voete geland en het sy wonderbaarlik net ʼn been gebreek.”

Sy is op die toneel gestabiliseer na die Mediclinic in Bloemfontein geneem vir verdere behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.