Vrou van manslag aangekla wat glo ‘ontroue’ kêrel ontman

mes1-225x225ʼn Vrou van Johannesburg wat daarvan beskuldig word dat sy haar kêrel se geslagsdeel afgesny het, het Woensdag in die Meadowlands-landdroshof verskyn.

Maroela Media het vroeër berig Evidence Nkuna (21) het na bewering op 6 Oktober haar kêrel met ʼn ander meisie in Soweto betrap en hulle albei beveel om hul klere uit te trek. Sy het daarna glo ʼn mes gevat en die man se penis afgesny. Sy is dieselfde dag nog in hegtenis geneem

Nkuna is aanvanklik aangekla van aanranding met die doel om ernstig te beseer, maar die klagte is Woensdag na strafbare manslag gewysig.

Die saak is na die Protea-landdroshof verwys. Nkuna is tans uit op borgtog van R2 500. Sy moet Vrydag weer in die hof verskyn.

Lees ook:
Vrou sny ontroue kêrel se geslagsdeel af

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

MITZ MALAN ·

Ai, Evidence, jy was nou eintlik baie dom. Nou is daar niks vir jou oor om te geniet nie. Eintlik moes jy die geslagsdeel net in twee gedeel het, want dan het jy en die ander meisie elkeen jul eie ‘tool’ gehad! Ai tog, dit wys jou net: Woede maak dat ‘n mens nie mooi kan dink nie,nê!

Stoere Boer ·

Moet ons dit letterlik of figuurlik lees? Is dit Manslag of Man slag?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.