Vrou van PTA-Oos het glo haar man doodgeskiet

Argieffoto

ʼn Vrou van Pretoria-Oos is Donderdag in hegtenis geneem nadat sy glo haar man Woensdagaand doodgeskiet het.

“Die man is Woensdagaand by hul huis op Plot 17, Welbekend, oos van Pretoria, doodgeskiet,” het kapt. Doniah Mothutsane, woordvoerder van die polisie, gesê. “Polisie het die man op die vloer aangetref. Hy het nog sy blou oorpak aangehad.” Die polisie het glo ook ʼn .38-rewolwer en 43 lewendige rondtes op die bed opgespoor.

“Die 39-jarige vrou was in ʼn dwaal toe polisiebeamptes met haar gepraat het,” het Mothutsane bygevoeg. “Volgens die bure was daar al talle gevalle van huishoudelike geweld by die huis.”

Die vrou sal na verwagting Vrydag in die Bronkhorstspruit-landdroshof op ʼn aanklag van moord verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

karin galanos ·

its family of mine, please dont judge her,please say a prayer for her and his family

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.