Vrou van R1 m. se juwele beroof

ʼn Vrou van Kimberley in die Noord-Kaap is van juweliersware ter waarde van R1 miljoen en ʼn onbekende bedrag geld beroof.

Luit. Andrea Cloete, woordvoerder van die polisie, sê die vrou is deur twee mans gekontak wat hul as geregistreerde diamanthandelaars voorgedoen het. Cloete sê die vrou het die mans na haar huis genooi waar sy met ʼn vuurwapen aangehou en beroof is. Niemand is nog in hegtenis geneem nie en die polisie ondersoek die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.