Vrou van ventilator afgehaal na taxi haar sleep

Kim McCusker.

Die Johannesburgse advokaat wat verlede week deur ʼn taxi omgery en meters ver gesleep is, is Sondagoggend van die ventilators afgehaal.

Kim McCusker (25) en haar verloofde, Lourens Grobler, was Dinsdagoggend onderweg na die gimnasium toe ʼn taxi in hulle motor vasgery het. Terwyl hulle besig was om die taxibestuurder se besonderhede te kry, het hy glo weggejaag en McCusker honderde meters ver gesleep. Beeld berig McCusker is steeds in erge pyn en ongemak maar dat sy al met haar familie kan kommunikeer. McCusker se suster het aan Beeld gesê Kim is oorweldig deur die ondersteuning wat sy kry. Die taxibestuurder, Matome Thamage, word aangekla van poging tot moord en roekelose bestuur. Hy bly in aanhouding tot sy borgaansoek die week. Thamage het intussen ‘n saak van aanranding en saakbeskadiging teen Grobler aanhangig gemaak. Hy beweer Grobler het hom aangerand en dat hy om die rede van die toneel probeer vlug het. McCusker het Dinsdag verskeie operasies ondergaan en is Donderdag weer geopereer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.