Vrou vas ná bomdreigement by lughawe

Foto: Google Street View

ʼn Vrou is in hegtenis geneem nadat sy ʼn bomdreigement gemaak het by die Oos-Londen-lughawe in die Oos-Kaap.

Kapt. Stephen Marais, woordvoerder van die polisie, sê die vrou het glo aan die lughawe se veiligheidspersoneel gesê dat sy ʼn bom in haar handsak het toe hulle haar gevra het om enige gevaarlike wapens of items in haar besit te verklaar. Marais sê die 27-jarige vrou het Vrydag die dreigement gemaak. Hy sê snuffelhonde en die polisie se plofstofeenheid het haar bagasie deursoek maar niks wat gevaarlik kan wees gevind nie. “Die polisie wil graag die publiek aanraai om nie bomdreigemente te maak nie aangesien dit ʼn ernstige oortreding is wat strafbaar is met ʼn boete of selfs tronkstraf.” Die vrou is in hegtenis geneem en sal Maandag in die Oos-Londen-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.