Vrou vas na haar man se dood

crime-scene-tape-320x191ʼn 43-jarige vrou is in hegtenis geneem nadat sy glo haar man doodgemaak het.

Lt. Donald Mdhluli, woordvoerder van die polisie, sê die vrou en haar 46-jarige man het glo Saterdagoggend in ʼn argument betrokke geraak by hul huis in Mothibistad in die Noord-Kaap. Hy sê die vrou het glo haar man gedurende die argument teen ʼn staaldeur vasgeslaan. Hy is op die toneel dood. Die vrou is in hegtenis geneem en sal na verwagting binnekort in die Mothibistad-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.