Vrou vas ná hond haar baba ronddra

ʼn Vrou is in hegtenis geneem in KwaZulu-Natal nadat haar baba se lyk deur ʼn hond rondgedra is.

ʼn Polisiewoordvoerder, lt. kol Zandra Wiid, sê inwoners van Umtentweni het Woensdagmiddag die polisie in kennis gestel nadat hulle gesien het hoe ʼn hond ʼn baba se lykie in sy bek ronddra. Die lykie is onthoof en het ook nie arms gehad nie. Die polisie is na ʼn huis gelei van ʼn vrou wat onlangs ʼn baba gehad het, maar die baba is die afgelope paar weke nie opgemerk nie. ʼn 29-jarige vrou is in hegtenis geneem en aangekla van moord. Sy sal binnekort in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Sue ·

Sjoe, dis verskriklik. Ek wonder wat loop skeef dat ‘n ma se ingebore moederinstink haar so in die steek kan laat.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.