Vrou vas na motor in plakkershutte inploeg

handcuffs3-320x257ʼn Vrou wat sonder ʼn bestuurslisensie haar kêrel se motor bestuur het, is Sondagoggend in hegtenis geneem nadat sy in twee plakkershutte ingeploeg het in Katlehong aan die Oos-Rand.

Hoofsupt. Wilfred Kgasago, woordvoerder van die Ekurhuleni-metropolisie, sê die Honda Civic het die een plakkershut aan die kant getref waarna dit in die ander plakkershut ingeploeg het. Twee vroue het geringe beserings opgedoen en is na die Natalspruit-hospitaal geneem vir verdere behandeling. Kgasago sê die vrou, in haar 20’s, het na bewering ook onder die invloed van alkohol bestuur. Sy is in hegtenis geneem en sal na verwagting Maandag in die Palm Ridge-landdroshof verskyn op aanklagte wat verband hou met roekelose en nalatige bestuur. Die vrou se 30-jarige kêrel is ʼn boete van R500 opgelê omdat hy toegelaat het dat iemand sy motor sonder ʼn lisensie bestuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.