Vrou vas na sy glo kêrel vermoor

ʼn Vrou is in hegtenis geneem in Despatch in die Oos-Kaap nadat sy glo haar kêrel vermoor het nadat hy haar glo eerste aangeval het.

Ao. Gerda Swart, woordvoerder van die polisie, sê die paartjie het glo buite hul huis in Ooievaarsingel gesit toe hul vierjarige kind vir kos kom vra het. “Die pa het in die huis ingegaan om die kos te maak en met ʼn mes teruggekeer en die ma daarmee probeer steek.” Swart sê die vrou kon daarin slaag om die mes by haar kêrel af te neem waarna sy hom die skouer gesteek het. Die kêrel Mervin Jacobs (29) is later op die toneel dood. Die vrou is kort hierna in hegtenis geneem en sal na verwagting binnekort in die Uitenhage-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Paul ·

Nadia, die hof sal bepaal of die storie wat die vrou vertel, waar is of nie. Hoe weet jy sy jok nie oor wat gebeur het nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.