Vrou vas na sy kinders in kar los

ʼn 34-jarige vrou is Donderdag in Vereeniging in hegtenis geneem nadat sy twee kinders in ‘n motor gelos het terwyl sy inkopies gedoen het.

Beeld berig dat die vrou saam met vier kinders by die River Square-sentrum aangekom het. Sy het glo die linkervoorruit ʼn klein entjie oopgemaak voor sy en die twee groter kinders gaan inkopies doen het. Volgens ʼn ooggetuie het die vrou die twee ander kinders, albei glo jonger as twee jaar, in die motor gelos. Die jongste is glo sowat ses maande oud. Die vrou was glo langer as ʼn halfuur weg toe ʼn motorwag die polisie en Netcare911 ontbied het. ʼn Paramedikus van Netcare911, Mary-Ann Rautenbach het die venster gebreek. Toe die vrou terugkeer het sy glo ʼn polisieman met die vuis bygedam toe sy die stukkende ruit sien. Die vrou is by haar motor in hegtenis geneem. Sy word aangekla van nalatigheid, verset teen arrestasie en aanranding.

Lees die volledige storie hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.