‘n Vrou is vandag in hegtenis geneem nadat sy haar drie kinders alleen en sonder kos by die huis gelos het.
Kaptein Jan Sepato, ʼn polisiewoordvoerder, sê die 23-jarige vrou is van Nellmapius in Pretoria.
“Volgens die vrou se bure, los sy glo gereeld haar kinders, onderskeidelik 1, 3 en 8 jaar oud, alleen by die huis. Een van die kinders het ook Downsindroom,” het Sepato gesê.
Die polisie het die ma by ʼn huis in die omgewing gekry. Sy moet binnekort in die Pretoria-landdroshof verskyn.