Vrou vas ná sy “ontroue” man met suur gooi

Die polisie het ʼn vrou in hegtenis geneem nadat sy vermoedelik probeer het om haar man te vermoor deur suur oor hom uit te gooi.

Volgens kaptein Thulani Zwane, ʼn polisiewoordvoerder van KwaZulu-Natal, is die 47-jarige vrou Dinsdag in KwaMashu, noord van Durban, in hegtenis geneem.

“Die verdagte het Vrydagaand ʼn rusie met haar man (42) gehad omdat sy vermoed het dat hy egbreuk pleeg. Sy het later suur oor hom gegooi terwyl hy op die bank geslaap het,” het Zwane gesê.

Die man het van sy vrou probeer weghardloop en is langs die pad deur sy 14-jarige seun gekry. Sy seun het ʼn ambulans ontbied en die man is in ʼn kritieke toestand na die hospitaal geneem.

Die vrou moet binnekort in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.