Vrou vas ná tref-en-trap

Argieffoto

‘n 24-jarige vrou is Saterdagaand by haar huis in Radiokop, Roodepoort, in hegtenis geneem nadat sy ‘n voetganger doodgery en toe weggejaag het.

“Die Johannesburgse metropolisie (JMPD) het die vrou Saterdagaand aangekeer. Sy het ‘n manlike voetganger omstreeks 21:30 in Northumberlandweg in North Riding doodgery,” het sup. Wayne Minnaar, woordvoerder van die JMPD, gesê. Die vrou het glo vlugtig met ‘n ooggetuie gesels en toe weggery. “Die man het agter haar aangery om te sien waar sy bly en het JMPD toe gekontak wat na die adres gegaan en haar in hegtenis gaan neem het.”

Die voetganger is uitgeken en na ‘n lykshuis geneem.

Die vrou sal Maandag in die landdroshof in Randburg verskyn. Sy word van strafbare manslag aangekla en dat sy die ongelukstoneel verlaat het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.