Vrou vas oor babas in vrieskas

ʼn Vrou is in hegtenis geneem in KwaMashu, noord van Durban, KwaZulu-Natal nadat die liggame van twee babas in ʼn vrieskas gevind is.

Lt. kol. Vincent Mdunge, ʼn polisiewoordvoerder, sê die liggame van ʼn vier maande oue baba en ʼn pasgebore baba is Saterdag in die vrou se vrieskas gevind saam met hoenderstukke en ander vleis. Mdunge sê die vrou het ʼn onwettige begrafnisonderneming bedryf genaamd Mabinda Funeral Services. “Die eienaar is insolvent verklaar en die toerusting is gelikwideer maar die vrou het voortgegaan om die besigheid te bedryf en aangehou om lyke te ontvang.” Die polisie het ʼn wenk ontvang van gemeenskapslede waarna hulle ʼn klopjag op die perseel uitgevoer het. Die vrou is in hegtenis geneem en aangekla vir die oortreding van die Wet op Menslike Weefsel. Sy sal na verwagting Maandag in die Ntuzuma-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.