Vrou vas oor dagga

images (1)ʼn 41-jarige vrou is in hegtenis geneem nadat die polisie op dagga met ‘n straatwaarde van meer as R1,7 miljoen beslag gelê het.

Kol. Jay Naicker, woordvoerder van die polisie, sê hulle op het 163 sakkies dagga beslag gelê by ʼn huis in Emanguzi in die noorde van KwaZulu-Natal. “Die totale gewig van die dwelms is 1 723,67kg en het ʼn straatwaarde van R1,72 miljoen.” Die vrou besit ʼn stuk grond met verskeie huise op. Naicker sê die polisie het ook een van die ander huise deursoek en op ammunisie beslag gelê. Die verdagte sal na verwagting Maandag in die Emanguzi-landdroshof verskyn op aanklagte van dwelmhandel en die onwettige besit van ammunisie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.