Vrou vas oor gesteelde motors, vuurwapens

ʼn Vrou is Sondagoggend in Theresapark, noord van Pretoria, in hegtenis geneem nadat die polisie beslag gelê het op drie gesteelde motors en vier ongelisensieerde vuurwapens.

Lt. Kol. Katlego Mogale, woordvoerder van die polisie, sê die polisie het op ʼn wit Ford Focus, silwer Subaru en ʼn groen Chevrolet Spark beslag gelê wat glo gesteel is. Sy sê die motors is by ʼn woonstelkompleks gevind. In twee van die motors is flikkerende ligte, luidsprekerstelsels en sirenes geïnstalleer. Mogale sê daar is twee sakke met koeëlvastebaadjies, polisiebaadjies, verkykers, boeie, tweerigting radio’s, balaklawas en vier handwapens in een van die motors gevind. Sy sê die polisie is op soek na nog verdagtes. Die verdagtes word moontlik met verskeie rooftogte in Gauteng verbind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Juan ·

Weet julle, daardie area moet afgekordon gewees het – forensiese taakspan en almal ” Almal ” in die area wat toegang het of kan kry. Dan kry jy resultate omdat almal sal praat en onmiddelike aksie. Is daar iemand wat kan help met nadere inligting, plaas hier !

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.